Loading...

Is jou kennis genoegsaam oor skenkingsbelasting? Dink jy dalk daaraan om ń familielid finansieel by te staan, of om ń kind te help met ń deposito vir die aankoop van ‘n huis of motorvoertuig? Voor jy die transaksie aangaan is daar ń paar dinge wat jy in gedagte moet hou wanneer dit by ń skenking en skenkingsbelasting kom.

Wat is skenkingsbelasting?

Skenkingsbelasting is belasting betaalbaar teen ń vaste koers van eiendom wegmaking deur skenkings (artikel 54 van 64 van die Wet op Inkomstebelasting, 1962).  Skenkingsbelasting word teen ń vaste koers van 20 % gehef op die waarde van eiendom geskenk.

Deur wie is skenkingsbelasting betaalbaar en wie word vrygestel?

Skenkingsbelasting is van toepassing op enige individu, maatskappy of trust wat as ń inwoner geklassifiseer word, soos omskryf in artikel 1 van die Inkomstebelasting, 1962.

Artikel 56(1) van die inkomstebelastingwet bevat ń lys van vrygestelde skenkings wat die volgende insluit:

Wanneer moet skenkingsbelasting betaal word en hoe moet dit betaal word?

Daar is dus verskeie faktore wat in ag geneem moet word wanneer ń skenking gemaak word. Dit is dus raadsaam om ń belastingkonsultant te raadpleeg, ten einde die belastingimplikasies te bespreek, voordat ń besluit geneem word.

Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg  van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)